Monday, February 14, 2011

‘n Regula vir die mens-in-wording

“Dié wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie; maar dié wat siek is”, aldus Jesus in Lukas 5:32. Dan is dit seker nie verkeerd om af te lei dat “dié wat reeds ménswees volledig bemeester het, nie ‘n REGULA nodig nie”?  Wie dan?  Seker húlle wat in hulself ‘n groeiende behoefte het aan ‘n lewe veel
dieper en grootser
vrygewiger en nederiger
eerliker en wyser
intiemer en mensliker.

‘n REGULA is bedoel om ‘n persoonlike riglyn te wees wat vir jou die koers van jou lewe aandui.  Gelyktydig is dit ook ‘n maatstaf wat jou help om te bepaal of jy nog op koers is.  Dit help jou droom oor jou lewe, en dit help jou “meet” hoe jy vorder in jou groeiproses. Dit laat jou nadink oor die “bedoeling van jou hart”.  ‘n REGULA gaan oor jou alledaagse lewe, want spiritualiteit is deel van jou alledaagse lewe!  Om al meer in die “gestalte van Jesus” in te groei is die fokus van ons REGULA’S. 

 ‘n Mens sou goedskiks dink dat ons ‘n REGULA eers moes opstel aan die einde van hierdie jaar se saamstap en nadink oor geloofsdissiplines.  Hoe kan ons besluit ons wil, byvoorbeeld, eenmaal ‘n jaar op ‘n retreat gaan, as ons nog nie die dissipline van afsondering bespreek het nie?  Moet ‘n mens nie eers “al” die inligting hê alvorens jy jou REGULA opstel nie?  Nee!  Ons almal sien, alla Paulus, net ten dele.  Ons is immer ‘n produk-in-wording.  Ons lewens is ‘n dinamiese proses, nooit voltooid nie; nooit met alle inligting voor die hand nie.  Daarom gaan ons, voortdurend, deur die loop van ons FORMATIO-geleenthede, ons REGULA’S “lewendig” hou.    

So skryf Lynn Bauman:
By using a Rule an individual becomes an intentional pilgrim on a sacred journey through space and time, seeking wisdom, and the Rule acts as a guide or a template by which one can maintain balance, equilibrium and discipline on the Path. It is also a means by which an individual might measure the progress of his or her spiritual pilgrimage and practice accountability to a higher power or authority.

Ek hoor graag van jou terwyl ons saam aan ons REGULA’S werk.  Waarmee sukkel jy?  Watter vra het jy?  Watter insigte ontwikkel jy?   Wat het jy in jou nota’s gelees waarop jy kommentaar wil lewer.  Hierdie is die plek waar jy dit gerus kan doen.  GESELS SAAM!

2 comments:

  1. Comment-toets: My eerste gedagte oor die regula was "ek het nie tyd om nou 'n nuwe klomp dissiplines in my dagboek in te pas nie". Daarom het die her-ontdekking van 'n ou gedagte my weer opgewonde gemaak: 'faithing our practices' en nie net 'practicing our faith' nie.

    ReplyDelete
  2. Die vraag is of ons ooit genoeg tyd het om enige iets in ons dagboeke te wil inpas. Daarom moet ons mooi dink oor jou sinnetjie: dit gaan nie oor "geloof" nie, maar oor "keuses".

    ReplyDelete