Tuesday, May 24, 2011

Die reis na binne...

Ek kan nie glo dit is al die dag na die einde nie. Dit voel of Junie se bymekaarkoms om die draai is. Carl Jung se gedagte “Hurry is not of the Devil; it is the Devil.” kom by my op...en ek sukkel om dit soos ‘n verbygaande skip op die Blue Danube te sien, te erken en te laat verby vaar. In Afrikaans: ek sukkel om stil te word! Met Ronell se beplanning van Formatio het ek gedink dit is wonderlik om ‘n maand aan elke tree (discipline) te spandeer. Nou begin ek wonder of ons nie eerder teen ‘n tempo van ses maande per tree moes stap nie. Party van ons loop mos maar stadiger as ander...

Hoe gaan dit met jou reis? Ek vind vandag troos in die woorde van Dag Hammarskjold “The longest journey is the journey inwards, of him who has chosen his destiny, who has started upon his quest for the source of his being.”  Ons gerbuik in ons werkskontekste woorde die gelaaide woorde soos efficiency & productivity. Die van julle wat nou al op reis gegaan het sonder die vooraf beplande bustoer itinerary sal mos weet dat die woorde soos efficiency & productivity nuwe betekenis kry met ‘n reis sonder die slaafse rotine van toerisme-aantreklikhede. Inteendeel ‘n gesindheid van efficiency & productivity kan jou in ‘n onaangename reisgenoot laat ontaard. Ontdek, ervaar, metamorfose langs hierdie roete van die kontemplatiewe...is meer soos die evolusie van ‘n vis na ‘n amfibie na ‘n likkewaan...dit gebeur oor tyd en wanneer jy jou weer vind is jy ‘n ander wese. Ek verkies egter die woorde van T.S Eliot “We shall not cease from exploration. And the end of all our exploring will be to arrive where we started and know the place for the first time.” Wat ek eintlik wil weet: Hoe gaan dit met jou reis? Moenie my antwoord nie. Spandeer tyd om dit vir jouself te antwoord. Begrawe net eers vir efficiency & productivity voor jy jouself wil begin antwoord...
‘n Gedagte van Richard Foster uit sy Celebration of discipline
Spiritual disciplines: Door to liberation
Superficiality is the curse of our age. The doctrine of instant satisfaction is a primary spiritual problem. The desperate need today is not for a greater number of intelligent people, or gifted people, but for deep people. The classical Disciplines of the spiritual life call us to move beyond the surface living into the depths. They invite us to explore the inner caverns of the spiritual realm.  “As a heart long longs for flowing streams, so long my soul for thee, O God. My soul thirsts for God, for the living God.” (Ps 42:1,2)

No comments:

Post a Comment