Monday, May 30, 2011

Gebed: Die liggaamstaal van ons lewe?

Tim Keel skryf: “When we use the word posture it often refers to the way a person physically holds himself or herself. But posture has another meaning. It refers to a person’s  bearing or attitude... Such a posture bleeds out in everything we do... Our postures are a way through which we engage the world - both what we perceive as well as what the world perceives of us. These postures reveal something of who we are at the core of our identities and influence what we communicate, verbally and nonverbally, and conversely what we are able to hear.”

Ons spandeer nie baie tyd aan krities dink oor ons postuur nie en tog reken party navorsing dat jou liggaamstaal 80% kommunikeer en jou woorde slegs 20%. Hierdie postuur-gedagtes het my laat wonder oor my gebede. Oor bodily prayer...

Wat sou die regte postuur vir gebed wees? Daar is natuurlik m.i. meer as net een postuur en ek hou  van kreatief wees hiermee. Ek is versigtig vir kunsmatigheid en daarom is dit vir my belangrik om in voeling te kom met my emosie/denke/gedagtes voor ek begin bid - met die hoop om my woorde, emosies en lyf meer in sync met mekaar te bring. Tog is daar ook in hierdie kweek van nuwe gewoontes die ontdekking dat jou postuur jou gees, emosie en gedagtes beïnvloed.

Die gebed van doelbewustelik stadig terug stap huis toe verander die woorde en gedagtes. ‘n Doelbewuste vinnig stap en hardop bid (so dat verbygangers darem nie dink ek is van lootjie getik nie) gee weer unieke hartkloppende gesprekke. ‘n Sit op my gebedsbankie dwing my tot stilte, om weer gegrond te raak en in voeling te kom. Kniel voor ‘n stoel word my persoonlike gebede waarin ek bewus word van ons gesin/familie/vriende se afhanklikheid. Die laaste maand is ek baie bewus van ons verlies aan klaag-gebede (nie kla nie! klaag!). Die plat op die vloer gaan lê met kop op my arms soos een wat huil, bring my baie nader aan die verskuilde worstel met en huil voor God oor die gebrokenheid in en om my...

Daar is nog soveel meer om te ontdek ‘n Postuur van lof? ‘n Postuur van skuldbelydenis? ‘n Postuur van soek? ‘n Postuur van leer/luister?

Mag jy al meer sensories in voeling kom met God. Mag daar ‘n inkarnasie van jou woorde/gedagtes/emosies in jou lyf gebeur en mag die Gees  deur hierdie inkarnasie jou help om deurleefde gebede te leef.

No comments:

Post a Comment