Showing posts with label riglyne vir skryf van jou eie ritma/regula/rhytm. Show all posts
Showing posts with label riglyne vir skryf van jou eie ritma/regula/rhytm. Show all posts

Wednesday, February 20, 2013

Om te word wat jy bedoel is om te wees

Waarmee ons ons besig-hou bepaal grootliks wie ons is, of wie ons ook al meer word.   Een van die wysste woorde het ek by ‘n ouer kollega geleer het:   die mens wat jy in jou middeljare is, daardie selfde mens gaan jy wees as jy bejaard is ... net erger!”
Dit is wat ons gewoontes aan ons doen.  Dit maak ons nog meer hoe ons is omdat die gewoonte ons in ‘n patroon ingeoefen het om te wees wat ons vroeĆ«r reeds was.  Juis daarom is dit wys om ‘n lewensplan te bedink waarvolgens jy, doelgerig en bewustelik, struktuur aan jou lewe wil gee.  ‘n Plan om jou ou gewoontes (jou “ekkigheid”) voortdurend en in eerlikheid te ontmasker, sodat jy al meer kan word wie jy oorspronklik bedoel is om te wees:  die beeld van God. 

Friday, February 15, 2013

Jou Regula ... Jou Manifesto ... Jou Rankplaat

Op die webblad "Abbey of the Arts" is 'n hulpmiddel wat jou kan help om jou eie Regula te skryf.  Vir die haastiges maak ek sommer 'n beknopte opsomming, maar gaan lees dit gerus op hul webblad (die skakel is heel onder).

1. Hoeveel tyd wil jy op 'n dag/week/maand in jou program inruim vir stilword en luister?  Of dit luister na ander is, na God, na jou binnestem.  Hoe gaan jy die bombardering van klank en stimulasie afskakel om stil te kan word?  Wat maak jy met jou verslaafdheid aan tegnologie; televisie-kyk, ens.
2. Hoe gaan jy in jou lewe "spasie" maak vir "die ander"? Het jy 'n plek waar jy by die nuutmaak van die gemeeskap waarvan jy deel is, betrokke kan raak.  Hoeveel tyd gee jy vir "die ander" in jou week/maand?
3. Hoeveel ruim jy tyd in jou lewe in vir "sielsgenote"?  Daardie mense na wie jy kan luister omdat hulle wysheid het; daardie mense met wie jy oor die "dieper dinge van die lewe" wil praat?  Daardie mense by wie jy eerlik kan wees? 
4. Kies om "lig te leef".  Lydenstyd is die ideale tyd om na te dink oor jou versamellus en kooplus.  Hoe gaan jy weekliks vrygewigheid inoefen.  Wat gaar jy op waaraan jy verknog is?  Hoe gaan jy loskom daarvan?  Aan wie kan jy jou oormaat gee?

5. Op watter wyse wil jy nadink oor jou gawes?  Hoe bied jy dit vir jou werk, jou gesin, jou gemeenskap aan?
6. Waar maak jy tyd vir tot ruskom?  Is daar in jou dagboek tye ingeskryf vir "tot bedaring kom"?  Het jy 'n afspraak met jouself?  Hoe gereeld?  Is dit die eerste afspraak wat jy kanselleer?

7. Hoeveel tyd maak jy om na te dink oor wie jy is?  Wat in jou lewe wil jy graag verander?  Hoe lyk jou plan om dit te doen?

Jy kan meer hieroor lees by http://abbeyofthearts.com/about/monk-manifesto/