Thursday, February 17, 2011

Waarom doen ek dit?

Een van die Formatianers (... dalk kan ek geld maak met hierdie selfgeskepte woord?) het vir my in die week hierdie skakel van 'n "klippie" (clip) aangestuur. 

Dis 'n eerlike selfgesprek.  En dis dalk presies wat die REGULA van elkeen van ons vra:  'n eerlike selfondersoek.  Waarom doen ek dit?  Waarom dink ek na oor my lewe, ook my "alledaagse lewe".  Dalk is die REGULA juis om ons te help, om, in die woorde van Paulus, alles wat ons doen, of dit drink of eet of kuier of werk is, dit op so 'n manier te doen, dat God daarin raakgesien kan word.

1 comment:

  1. Ronell jy skryf "Dalk is die REGULA juis om ons te help, om, in die woorde van Paulus, alles wat ons doen, of dit drink of eet of kuier of werk is, dit op so 'n manier te doen, dat God daarin raakgesien kan word."

    Dit is juis die rede waarom ek - die aandag afleibare - streef na regula...'n groter bewussyn van God, maar meer nog van die heiligheid van lewe. In 'n wêreld waar alles duurder word - word alles eintlik goedkoper... meer oppervlakkig... vaal... smaakloos... haastig... vlak... - en so ook ek.

    Vir my word die REGULA dus soos 'n 'draw by numbers' prentjie wat my kinders so graag teken. Die numeriese-kolletjies (dissiplines)moet my help om my (realisties) ge-idealiseerde lewe te kan teken.

    Iets wat baie help met die kweek van 'n bewussyn is St Ignatius se "Examen of consciousness". Julle kan meer daarvan lees by http://ignatianspirituality.com/ignatian-prayer/the-examen/

    Dit is 'n kort oefening wat jy een tot drie keer per dag kon beoefen. Die priester wat dit vir my geleer het, het dit twee keer 'n dag gedoen waarvan een keer was terwyl hy gestort het.

    ReplyDelete