Thursday, June 23, 2011

Rond my tot my kern

'n Gebed wat ek die laaste vyf jaar al bid - met variasie op die tema - kom uit 'n gedig van C.M van den Heever (as ek reg onthou). Dalk kan dit ook vir jou van waarde wees:

Maak my klein,
maak my kis,
rond my tot my kern.
Ek wil ophou
dink,
weet,
redeneer.
Ek wil net wees
soos albasters oor die vloer.

1 comment:

  1. Op die digterlike noot NP van Wyk Louw se Vier gebede by jargetye in die Boland, sy Winter-sonnet:
    Nou l^e die aarde nagtelang en week in die donker stil genade van die re'en, en skemer huise en takke daeliks bleek deur die wit mistigheid en suising heen. Dis alles ryk en rustig van die swaar geheime wasdom wat sy paaie vind deur warm aarde na elke skeut en blaar, en ver en naby alles duister bind in vog en vrugbaarheid en groot verlange; tot ons 'n helder middag skielik sien die gras wat blink, en die jong graan teen die hange, en weet dat alle rus die lewe dien: hoe kon ek dink dat somer ryker is as hierdie groei se stil geheimenis?

    ReplyDelete