Wednesday, February 27, 2013

Die Lewe in Oorvloed - 'n Lewe van Intimiteit

In 'n lieflike boek van Brian McLaren, "Finding our way again:  The return of the ancient practices", skryf hy

"The Ancient Way is about joining God in the spending of every day".

Bloot dit!  Niks meer nie.  Niks minder nie. 

Om die ruimte wat God in jou lewe inneem al meer te vergroot, gaan nie oor 'n "godsdienstiger" lewe nie.   Dit gaan bloot oor 'n mens wat al intenser leer om die lewe ten volle te leef.  Geloofsdissiplines help jou om die lewe wat "in oorvloed" aan jou gegee is (Joh 10), in oorvloed te leef.   Oorvloed vir 'n 21ste eeuse gesekulariseerde mens het gewis 'n heel ander betekenis as wat oorvloed vir die vroee Christendom gehad het. Oorvloed sal ons selde meet aan die maatstaf van "al intiemer met God".  En tog is dit Jesus se bedoeling.  Om 'n lewe te kan leef, al nader aan God. 

Een van die mooiste gebede wat ek ooit teegekom het, kom uit die mond van vroeg 8ste eeuse Sufi mistikus, 'n vrou met die naam van Rabi'a al Adawiya. Elke keer as ek hierdie gebed lees, weet ek, dis hoe oorvloed verstaan moet word.  Ek glo dat dit selfs die enigste gebed is wat iemand hoef te bid wat doelbewus en doelgerig geloofsgewoontes wil inoefen om groter en meer ruimte vir die Goddelike in hul lewe te wil maak.  Nie meer van enige iets anders behalwe die "sug" na God.

"As ek U lief het uit vrees vir die hel, weerhou my dan nie van die hel...
As ek U lief het uit hoop vir die paradys, weerhou my die paradys...
 As ek U lief het ter wille van U self, weerhou dan tog nie U ewige skoonheid van my nie".

As ek God leer ken, met geen ander motief as God self nie ... as ek meer ruimte maak vir God in my lewe, met geen ander verwagting as dat God se teenwoordigheid groter word nie ... as ek geloofsgewoontes wil inoefen, met geen ander verwagting as om meer van God in die alledaagse te ervaar nie ... dan ... alleen dan ... begin die "oorvloed van die lewe" sin maak.  

4 comments:

  1. Gister se Nouwen dagstukkie oor dissipline en dissipelskap gee nogal lekker perspektief:

    Discipline is the other side of discipleship. Discipleship without discipline is like waiting to run in the marathon without ever practicing. Discipline without discipleship is like always practicing for the marathon but never participating. It is important, however, to realize that discipline in the spiritual life is not the same as discipline in sports. Discipline in sports is the concentrated effort to master the body so that it can obey the mind better. Discipline in the spiritual life is the concentrated effort to create the space and time where God can become our master and where we can respond freely to God's guidance.

    Thus, discipline is the creation of boundaries that keep time and space open for God. Solitude requires discipline, worship requires discipline, caring for others requires discipline. They all ask us to set apart a time and a place where God's gracious presence can be acknowledged and responded to.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ly, mens moet hierdie sin oor en oor lees: "discipline is the creation of boundaries that keep time and space open for God". DIS AL WAARMEE ONS MOET BESIG WEES. Niks meer nie; niks minder nie. Dit is bloot "om ruimte vir God te maak". En ek leer dit steeds en steeds en steeds ...

      Delete
  2. Ek het nou die dag die kommentaar gelewer dat 2013 teen 'n tempo beweeg! Ek's besig en alles en almal is aan die hardloop... van die werk, tot die skool, tot die kerk, tot die vriende... Besig hou ons ook ongelukkig weg van tyd met God. Dan gee die woorde van Brian McLaren weer sin aan geestelike dissiplines 'in joining God in the spending of every day!'
    Tussenin 'n gejaagde dag vandag het ek die motorradio afgesit en net met God gepraat. Hoe verreikend was die 10 minute! Dit my net rustig in God gemaak en weer bewus gemaak van die Gees in elke faset van my lewe,!
    Dis hoe geestelike dissiplines ons net elke oomblik kan bewus maak van God in ons lewe. Mag dit ook vir jou so wees en mag jy nooit te besig vir God wees nie.

    ReplyDelete
  3. Christo ek wil Maandagaand komend bietjie fokus op 'n lewe van eenvoud as 'n geloofsdissipline wat Lydenstyd ons wil laat inoefen. Eenvoud het nie net met geld en kos en besittings te maak nie. Ek kom al meer agter dat eenvoud ook met "stadiger leef"; met groter respek met tyd te make het; met 'n spesifieke manier hoe ek my dag bestuur. Dis so maklik om te dink "vas" is die geloofsgewoonte ... maar as "vas" en "eenvoud" as dieselfde ding gesien word, dan raak dit ook "vas" van kritiese gedagtes; "vas" van oormaat planne, ens. Uitdagend.

    ReplyDelete