Showing posts with label verveling. Show all posts
Showing posts with label verveling. Show all posts

Thursday, June 23, 2011

Sound of silence

Julle is almal oud genoeg om te weet van Simon & Garfunkel. Een van hul treffers is die profetiese woorde van Sound of silence. Al die gepraat oor stilte nou die aand en die gebrek daaraan het my mooi laat dink oor die volgende Formatio-geleentheid op 22 Augustus. My hoop sal wees om die aand 'n bietjie meer van 'n liturgiese ervaring te wil maak en ek het vrymoedigheid om Fourie (die aanbieder en goeie vriend) hierin te begelei. Julle is welkom om julle idees met my te deel oor jul ervaring. My gevoel is dat daar te min inoefen op die aand self gebeur en dalk te veel lesing gegee word. Ek sal dus poog vir 'n gesonder ballans. Onthou dus om die datum op te teken en onthou ons gaan die grootste deel van die aand by die Kapel bymekaar wees.

Jy ken die melodie dalk so goed dat jy dit spontaan kan saamsing, maar hiermee die lirieke van Sound of silence. Dalk kan jy hieroor mediteer/reflekteer.

Hello darkness, my old friend
I've come to talk with you again
Because a vision softly creeping
Left its seeds while I was sleeping
And the vision that was planted in my brain
Still remains
Within the sound of silence

In restless dreams I walked alone
Narrow streets of cobblestone
'Neath the halo of a street lamp
I turned my collar to the cold and damp
When my eyes were stabbed by the flash of a neon light
That split the night
And touched the sound of silence

And in the naked light I saw
Ten thousand people, maybe more
People talking without speaking
People hearing without listening
People writing songs that voices never share
And no one dared
Disturb the sound of silence

"Fools", said I, "You do not know
Silence like a cancer grows
Hear my words that I might teach you
Take my arms that I might reach you"
But my words, like silent raindrops fell
And echoed
In the wells of silence

And the people bowed and prayed
To the neon god they made
And the sign flashed out its warning
In the words that it was forming
And the sign said, "The words of the prophets are written on the subway walls
And tenement halls"
And whispered in the sounds of silence

Tuesday, March 22, 2011

VERSLAAF AAN OPWINDING ... BANG VIR VERVELING

Die vroeë kerk (100 – 400 nC) het ‘n besige lewe as ‘n sekulêre lewe beskou. 
Die 21ste eeu se mense beskou ‘n besige lewe as ‘n produktiewe lewe.
Die vroeë kerk het iemand wat te besig was, beskou as iemand wat van God af vlug.
Die 21ste eeu se mense beskou verveeldheid as iets waarvan hulle moet vlug.
 Ek is ‘n “doen”-mens!  Moenie my langer laat wag as wat billik is nie, dan sal ek jou vinnig laat verstaan dat jy my eintlik verontrief.  My liggaamstaal sal vinnig vir jou wys dat ek gesteur voel:  ‘n bewegende voet; ‘n trillende hand; ‘n oog wat elke nou en dan na die horlosie draai; kakebeen wat geïrriteerd vasgeklem is.  As ek voorberei is op die wag, dan is dit nog onder beheer (...dan het ek “gewapen” gekom met ‘n boek of ipod), maar as dit ‘n wag is wat op my afgedwing word, dan sal ek vinnig protesteer. 
Om die wag in ‘n ry minder spannend te maak, bring besighede televisieskerms – ooghoogte – aan, en staar mense na ad nausea herhalende advertensies.  Om die sieldodendheid van die fietstrap in die gimnasium te versag, staar jy na bewegende monde van nuuslesers op klanklose nuuskanale, met onderstroke wat vir jou die jongste dollar/pond/yen se waarde aandui. 
Alles om ons gedagtes met “die volheid van niks” te vul!
Hieroor het Blaise Pascal (17de eeu) reeds baie te sê gehad:  “Die grootste enkele oorsaak vir mense se ongelukkigheid is dat hulle nie weet hoe om in hul kamer stil te raak nie”.
Waarom sou Pascal ons onvermoë om stil te raak as die enkele rede van ongelukkigheid beskou?  Stilte en afsondering dwing jou om na die werklikheid te kyk soos wat dit is.  Stilte/afsondering dwing jou om na jou lewe te kyk soos wat God na dit kyk. 
So skryf Gary Thomas in “Seeking the face of God”:  “Cultivating the quiet is a painful experience when we are addicted to noise, excitement, and occupation.  Opening the door to spiritual quiet can also open the door to spiritual fear and loneliness.  It takes a great amount of courage to face God”.
Dis ‘n verstommende gedagte wat ‘n mens in jou kop moet laat rypwerk:  is my besigwees ‘n ontvlugting van God?  
Dis nie dat jy nooit by God tyd deurbring nie.  Dis net dat dit so na “niks doen” voel nie!  Het jy al ooit gewonder hoe lank jy by God sal kan sit, voordat jy kriewelrig raak?   Ek wonder wat Moses gedink het, toe hy die opdrag kry om God op die berg te ontmoet in Eksodus 24.  “Klim nou die berg verder uit na My toe en vertoef daar dat Ek vir jou die plat klippe kan gee waarop Ek die wette en gebooie neergeskryf het vir die onderrig van die volk”.  Terwyl Moses die berg uitklim, het ‘n wolk dit omhul.  Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaiberg gebly, en ses dae het die wolk die berg omhul.  Op die sewende dag het die Here uit die wolk uit na Moses geroep.
Ses dae se sit!  My voet sou teen daardie tyd al ‘n spasma van al die op-en-af-irritasie gehad het... Ses dae se sit! My ipod se batterye sou pap gewees het...  Ses dae se sit!  My frustrasievlak sou so hoog gewees het “omdat my tyd so gemors word”...  Ses dae se sit! My taakgeöriënteerdheid sou my lankal laat opstaan het met ‘n “nou wag ek nie ‘n minuut langer nie”.
Ses dae se sit!  Geduldig!  Afwagtend!  Luisterend!  Biddend!  Wetend dat God met my wil praat.  Wat wel op die sewende dag toe tog gebeur!